Wie is Semco Mama…

Ek is ‘n mamma van vier pragtige dogtertjies. Ons is ‘n tuisskool gesin en volg ‘n onskoling (unschooling) metode.

Ek bestuur ook my eie besighede naamlik, Boegoe Bugz (moderne lapdoeke, herbruikbare menstruasie doekies en baba drasakke), Bella Blom Ontwerpe (kinderklere reeks), Scribo Novus Opvoedkunde (grondslag fase tuisskool materiaal) en ek het ook onlangs ‘n moderne lapdoek patroon vrygestel. (Al my produkte is beskikbaar op die webblad.)

Ons het onlangs die groot stap geneem en verhuis na die pragtige dorpie, Orania, geleë in die Noord-Kaap, Suid-Afrika. Dit mag dalk in die woestyn wees, maar dit voel soos ‘n paradys.

Ons het al agt jaar gelede begin kyk na Orania en het die afegelope 2 jaar aktief daaraan gewerk omhierheen te verhuis. Volg my blog om deel te wees van ons avnoture hier in die kulturele dorp van Suid-Afrika.

Nou waarom Semco Mama? Waarvoor staan dit en wat is die betekenis agter dit?

Ek het so paar jaar terug die boek “Maverick” gelees, geskryf deur Ricardo Semler. Ek beveel die boekaan vir enige besigheids eienaar, maar ook vir almal anders daar buite. Alhoewel dit gerig is op besigheid het dit my siening op lewe verander. Semco is die besigheid wat Ricardo oorgeneem het by sy vader enin iets omskep het wat heeltemal nuut en uniek was teenoor sy tydgenote. Semco hanteer hul werknemersas inteligente volwasses wat in staat is om self besluite te neem en as volg, wonderlike resultate.

Om te “semco” is om buite die boks te dink en almal ‘n geleentheid te gee om hul bydrae te lewer. Disook om vertroue te hê dat ander volwasse en opgevoede mense slim genoeg is om risiko’s te neem. As ons heeldag elke dag almal se besluite vir hulle maak gaan hulle nooit leer om lyding te neem en kreatiefte dink oor situasies nie. Kinders is basies klein mensies wat opgelei moet word om eendag volwasseneste wees en moet van klein tyd af geleentheid gegee word om self besluite te maak. Semco is ‘n maniervan dink en doen.

Welkom hier by ons en ek hoop julle gaan dit geniet.

Groete

Semco Mama

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *